Hierdie drie boodskappe was nooit as 'n reeks gebring nie, maar stem ooreen. Deur die werking van die Heilige Gees het hierdie woord tot drie verskillende boodskappers, onafhanklik van mekaar, gekom. Luister die reeks , Die aard van ons God, voor jy oordeel - dit mag dalk verskil van jou huidige siening.
Die Eniggebore Seun van die Vader is vol van GENADE en WAARHEID. Sò het Jahshua (in vlees en bloed) dan ook die Vader aan ons kom bekend stel, sodat ons die heerlikheid van die Vader deur die Seun kan sien.
Netsò, is dit dieselfde gesindheid wat ons moet nastreef, een van genade en waarheid - eerstens teenoor mekaar, maar ook in elke situasie waarin ons onsself mag bevind. Laat ons in genade en in waarheid optree.




