Die begeerte van die Skepper om 'n eie geslag, 'n familie te hê moet deur en deur begryp word om die gebeure rondom die sondeval van Adam, en die huwelik met Israel in perspektief te verstaan. Belangriker, die versoening in die Messias het Israel as bruid, en nog wyer, Adam as geslag toegang gegee terug na hul Vader, en haar Man. Nie 'n maklike boodskap om korrek te verstaan nie, maar 'n belangrike boodskap wat op sekere tone sal trap, en vir die wat die HG dit aan openbaar, se lewe kan verander.




