Hoe vry is jou keuse

November 15, 2015
Spreker:

Wat is die doel van die mens se lewenspad op aarde? Is dit om Elohim te ontmoet, of Hom te loof? Miskien is dit om iets te leer voor hy die tydelike verlaat. Die mens is anderste geskape as alle ander skepsele van Elohim, en die doel met sy lewe en stryd op aarde is om te ontwikkel tot iets wat twee kwaliteite wat wedersyds uitsluitend is - vrye keuse, en gehoorsaamheid - in een siel te vestig. Ons praat so bietjie oor die wonderlike aard van die mens, en sy God se begeerte vir 'n geslag wat by Hom pas.

Download Files Notes

Topics: , ,