Daar is 'n skat in die grondgebied van Elohim (Mat 13) waaroor ons verbied word om te praat, maar wat daagliks geroof word deur die moordenaar en rower (die Slang). As ons mense wêreldwyd dit sou besef, en daarvolgens sou begin lewe, dan is die vet in die vuur vir die vyand en die ou Slang. Die boodskap praat oor hierdie skat, oor die grondgebied van Elohim en oor die "ou Slang" se pogings om die grond en skat te verniel - wat nou aan die lig begin kom, en baie openbaar van die omvang van die aanslag, en die waarde (of eerder haat) wat die Slang in die skat van Elohim het.




